Hoofafrigter Moreeng verlaat Proteas-vroue na 11 jaar

Krieket: Hilton Moreeng het sy pos as hoofafrigter van die Proteas-vroue na langer as ‘n dekade ontruim. Hy het in 2013 oorgeneem en het die span verlede jaar gevoer tot die eindstryd van die Wêreldbeker in Suid-Afrika, asook twee Eendag Wêreldbeker-halfeindstryde en twee T20 Wêreldbeker-halfeindstryde. Volgens Moreeng was dit ‘n voorreg om so ‘n groep talentvolle sportvroue te lei. Sy assistent, Dillon du Preez, sal tydelik by hom oorneem totdat ‘n nuwe voltydse afrigter aangewys word.