Beheer Angola-grens ‘beter om brandstofsmokkelary te stop’

Energie-minister Tom Alweendo gee toe dat die regering sukkel om brandstofsmokkelary in die noorde van Namibië te stuit. Dit is weens die aard van die grens tussen Namibië en Angola, het hy gesê tydens ‘n raadplegende vergadering met die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba. Naloba se visepresident, Kanu Amadhila, sê baie van sy lede in die kleinhandel-brandstofbedryf sukkel weens die smokkelary. Brandstof is in Angola veel goedkoper as in Namibië. Jafet Nakanue, ’n vulstasie-eienaar in die Noorde, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê mense beweeg heen en weer oor die grens met brandstof soos hulle wil.