Bejaarde betogers slaan Magna Carta se vertoonkas stukkend

Twee betogers van Just Stop Oil is aangekeer na hulle die vertoonkas van die Magna Carta by die British Library in Londen stukkend geslaan het. Die BBC berig die 82-jarige predikant Sue Parfitt en ‘n 85-jarige afgetrede biologie-onderwyser, Judy Bruce, het die glasomhulsel van die geskiedkundige dokument geteiken. Hulle het ‘n plakkaat met die bewoording “Die regering verbreek die wet” opgehou voor hulle hulleself aan die vertoonkas vasgegom het. Die British Library sê veiligheidsbeamptes het ingegryp om verdere skade te voorkom.