Walvisbaai takel jeuggeleide klimaataksie met N$1 miljoen-toelaag
Walvisbaai sal by 38 ander plaaslike owerhede aansluit by die Amerikaanse Bloomberg Philanthropies se nuwe Youth Climate Action Fund, waar dit byna 1 miljoen Namibiese dollar sal ontvang vir jeuggeleide klimaataksie-inisiatiewe. Dit sluit in boomplanting of openbare onderwysveldtogte, en die bekendstelling van herwinnings- of afvalverminderings-inisiatiewe. Walvisbaai-burgemeester Trevino Forbes sê op ‘n raadsvergadering die nuwe fonds sal kritiese gemeenskapsdoelwitte bevorder. Walvisbaai se Junior Raad sal ook in hierdie verband na Zimbabwe reis vir die jaarlikse nasionale konferensie by die Victoria-waterval. Forbes is aan die woord.