VN steun Palestina se aansoek vir lidmaatskap

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het ‘n mosie van Palestina goedgekeur om ‘n volle lid van die VN te word. Volgens Aljazeera was gister se stemming deur die 193 lidlande van die vergadering verteenwoordigend van die wêreldwye steun vir Palestina om ‘n volle lid van die VN te word, na Amerika die mosie verlede maand in die VN se Veiligheidsraad ge-veto het. Die stap kom neer op die erkenning van ‘n Palestynse staat. Nege van die 193 lede van die Algemene Vergadering het teen die voorstel gestem terwyl 25 lande buite stemming gebly het.