Minder padongelukke, maar meer sterftes
Die nuutste padongeluk-statistieke wat strek vanaf 1 Januarie wys ‘n gemengde prentjie. Alhoewel die getal ongelukke gedaal het, het meer mense gesterf en beserings het ook toegeneem. Dit is moeilik om te bepaal wat die hoofoorsaak van die ongelukke was, maar hoë spoed speel gewoonlik ‘n rol. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming, Ruben Uupindi, verduidelik.