Haaie gooi alles in, in stryd teen Clermont

Rugby: Die Haaie het ‘n gulde geleentheid om geskiedenis te maak en die eerste Suid-Afrikaanse span te word wat na die Uitdaagbeker-eindstryd deurdring, wanneer hulle môre in Londen teen Clermont te staan kom. Hoofafrigter John Plumtree het ‘n sterk span gekies teen die Franse reuse. Die volledige Springbok-voorry bestaan uit Ox Nché, Bongi Mbonambi en Vincent Koch, met Eben Etzebeth agter hulle op slot. Daar is ook twee Bokke in die agterlyn, naamlik Aphelele Fassi op heelagter en die kaptein, Lukhanyo Am, op senter.