Namport, Antwerpen-Brugge verstewig samewerking

Namport en Antwerpen-Brugge in België het die sleutelareas van hul samewerking verstewig volgens ‘n memorandum van verstandhouding wat in 2022 onderteken is. Namport uitvoerende hoof Andrew Kanime sê hulle dit behels die bepalings en voorwaardes van hul vennootskap by Walvisbaai. Hawe-ontwikkeling, kapasiteitsbou en energie-oorgang is die spesifieke fokusareas. Kanime sê die ooreenkoms plaas Namibië in ‘n wêreldwye voorloperposisie as ‘n vennoot om groen energie te ontwikkel tot wedersydse voordeel van beide Namibië en België. Die partye het ’n groot stuk grond by Walvisbaai se Noordhawe opsy gesit vir die vestiging van energie- en nywerheidsklusters deur die private sektor op ’n langtermyn-huurgrondslag. Die twee hawens het ook ‘n memorandum van verstandhouding met België-gebaseerde CMB.TECH onderteken vir die ontwikkeling en ontplooiing van die eerste groen-aangedrewe skip in Afrika.