ANC se ‘vernietigende swartbemagtigingsnet versprei na eiendomsektor’

Die DA sê die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns het sy voorneme verklaar om die uitreiking of hernuwing van Getrouheidsfonds-sertifikate vir ondernemings met minder as 40 punte op ‘n swartbemagtigings-telkaart te weier. Die party sê die owerheid probeer dit in werklikheid onwettig maak om ‘n eiendomsverwante onderneming te bedryf sonder om aan swart ekonomiese bemagtiging te voldoen. Die DA-lid, Michael Bagraim, sê dit is ‘n skande dat die ANC weer probeer om die sertifikate as ‘n politieke instrument te gebruik in ‘n land wat binne die raamwerk van ‘n Grondwet funksioneer.