Winnie Madikizela Mandela-weg word aanstons dubbelbaan
Die Windhoek Munisipale Raad het die voorstel van Ongos Valley Development goedgekeur om Winnie Madikizela Mandela-weg na ‘n dubbelbaan op te gradeer en om ‘n ontwikkelingsooreenkoms aan te gaan. Die ontwikkelaar poog om huidige verkeersopeenhopings te verlig, konnektiwiteit te verbeter en ‘n veiliger omgewing vir die stad se inwoners en besoekers te skep. Alle huishoudings wat binne die padreserwe van Winnie Madikizela-Mandela-weg geleë is, sal hervestig word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, wat meer lig op die saak werp.