Blitsbokke skop Singapoer-sewes op hoë noot af

Rugby: Die Blitsbokke het by die Singapoerse sewestoernooi op ‘n hoë noot afgeskop deur Spanje 31-7 te klop in hulle eerste wedstryd. Selvyn Davids en Dewald Human het in die eerste helfte drieë gedruk en Suid-Afrika het rustyd 12-0 voorgeloop. Impi Visser, Tristan Leyds en Rosko Specman het daarna gedruk om die oorwinning te verseël. Die Blitsbokke speel 18 minute oor 1 in hulle tweede wedstryd teen Samoa. Suid-Afrika se vrouespan het intussen ‘n reuse opskudding veroorsaak deur die sterk span van Amerika 14-12 te klop.