Vlugteling wat kind verkrag soek parool, weer

Daar is ‘n interessante saak op die mosiehofrol vandag. Jonathan Maiba Kolela, ‘n buitelander wat op 12 Maart 2012, op die ouderdom van 15 ‘n ses-jarige meisie by die Osire-vlugtelingskamp verkrag het, het ‘n weer mosie voor die hof gebring dat hy op parool vrygelaat word. Hy is in 2015, op die ouderdom van 18 vir 14 jaar tronk toe gestuur. Hy het in Desember verlede jaar misluk in ‘n poging om vrygelaat te word omdat die hof bevind het hy was 18 en dus meerjarig toe hy gevonnis was. Dus moet hy ten minste twee-derdes van sy vonnis uitdien. Kolela is besig in die hof en het ook in 2022 misluk in ‘n poging om weer ‘n enkelsel te bekom.