Zim vry na beleggings in SA
Zimbabwe bied sy 2024-beleggingspitsberaad in Kemptonpark aan, om die land se ekonomiese en beleggingsgeleenthede aan sleutel-belanghebbers bekend te stel. Onder die tema, ‘People You Can Invest In,’ sal Zimbabwe se geskoolde arbeidsmag en aantreklike beleggingsvooruitsigte, veral in toerisme, mynwese en landbou bekendgestel word. Die land se ambassadeur in Suid-Afrika, David Hamadziripi, sê buitelandse direkte beleggings neem toe, met aansienlike groei wat in verskeie sektore verwag word: