Halfpenny draf uit vir die Crusaders
Die heelagter van die Walliese en Britse Leeus Leigh Halfpenny maak na verwagting môre sy langverwagte Super Rugby-debuut vir die Crusaders. Hy is ingesluit in die beginspan teen die Reds in Christchurch na drie maande met ‘n borsbesering. Halfpenny het verlede jaar by die verdedigende kampioene aangesluit nadat hy uit internasionale rugby getree het. Hy het 101 toetse vir Wallis gespeel en vier vir die Leeus. Die Crusaders is tans tiende op die punteleer nadat hulle net twee van hulle nege wedstryde gewen het.