Vredesvergadering vir Oekraïne in Junie

Switserland het meer as 160 afvaardigings na volgende maand se Oekraïne-vredeskonferensie genooi, hoewel Rusland nie op hierdie stadium onder hulle is nie. Rusland het die Lucerne-geleentheid afgemaak as ‘n VSA-georkestreerde komplot. Dit is nog ‘n raaisel of Moskou se belangrikste bondgenoot, China dit sal bywoon. Die lys van deelnemende lande sal gepubliseer word kort voor die konferensie begin, maar dit sluit lede van die G7, die G20 en die Brics-groep in. Die G7-beraad word van 13 tot 15 Junie in die buurland Italië gehou, voor die konferensie begin.