Olimpiese Spele: Kommer oor staking van vullisverwyderaars

Vrese neem toe ‘n staking kan veroorsaak dat vullis ophoop op Parys se sypaadjies tydens die Spele. Dit volg nadat verwyderaars gedreig het met arbeidsoptrede oor die Europese somer, met die vakbond CGT wat sê sy lede is ongelukkig omdat die munisipale polisie, wat vir dieselfde werkgewer werk, ‘n bonus kry. ‘n Staking van drie weke het verlede jaar veroorsaak dat meer as tien-ton afval in die strate van die Franse hoofstad opgehoop het.