Al meer Baba Vanga-voorspellings word waar

Die blinde, maar heldersiende Baba Vanga het ‘n paar onaangename voorspellings vir 2024 gemaak – en nou het nog een waar geword.

Alhoewel Baba Vanga meer as 25 jaar gelede gesterf het, het die Bulgaarse mistikus voorspellings gemaak wat tot vandag toe nog realiseer. Sy het in haar kinderdae blind geword, maar sy het baie wêreldgebeure wat reeds ‘n realiteit geword het, insluitend 9/11 en selfs Brexit, voorspel.

Foto: Wikipedia

Een van haar voorspellings vir 2024 was Brittanje se ekonomiese krisis – daar is ‘n afname in BBP gesien met ‘n groter as verwagte 0,3 persent in die drie maande. Nou het nog een van haar voorspellings waar geword – skrikwekkende weerstoestande! Die Britte het vanoggend wakker geword na ‘n nag van donderstorms, so hard dat party sê dit het geklink soos ‘n bom wat afgegaan het.

Daar is oornag berig dat daar ongelooflike weerligvertonings was, terwyl donderweer mense se huise geruk het en baie wakker gemaak het. Alhoewel daar tot dusver geen natuurrampe in Engeland was nie, het Baba Vanga ‘n visie gehad dat daar hierdie jaar skrikwekkende weergebeurtenisse en natuurrampe gaan wees.