Verkiesing: 52 dae, 1,7m kiesers, 4 297 registrasiepunte
Die Namibiese Verkiesingskommissie het 4 297 registrasiepunte in al 121 kiesafdelings regoor die land met 3 849 registrasiebeamptes wat ontplooi sal word, bekend gemaak. Sommige registrasiepunte sal duur vir die hele registrasietydperk, terwyl ander op ‘n mobiele basis bedien sal word. Registrasies vir November se verkiesings begin 3 Junie en sluit 1 Augustus. Die voorlopige bevolkingstatistieke dui aan dat 1 731 790 landsburgers geregtig is om te registreer.