Gcaleka moet ondersoek instel na ANC se besteding van staatsfondse vir stemmery

Die DA het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, gevra om ‘n komitee te stig om die toenemende berigte oor die ANC-regering se misbruik van staatsfondse vir verkiesingsveldtogte te ondersoek. Die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, verwys na onlangse voorvalle en klagtes, en beklemtoon buitensporige besteding aan geleenthede. Hy bevraagteken die noodsaaklikheid van hierdie uitgawes en bepleit optrede om verdere misbruik van belastingbetalers se geld voor die verkiesing te voorkom.