VSA neem stappe om dagga as ligter dwelm te klassifiseer
Die Verenigde State het stappe begin neem om dagga te herklassifiseer as ‘n minder gevaarlike dwelm, ‘n geskiedkundige verskuiwing wat aandele in daggafirmas die hoogte laat in skiet het. Die departement van justisie se aanbeveling wettig nie ontspanningsgebruik heeltemal nie, maar baan die weg vir ligter strawwe. Die voorgestelde verandering sal onderhewig wees aan goedkeuring deur die Withuis se kantoor vir bestuur en begroting, ‘n tydperk van openbare kommentaar en hersiening deur ‘n administratiewe regter voordat dit in werking kan tree.