Niger wil hê VSA-soldate moet waai

Honderde landsburgers in Niger het betoog teen die Amerikaanse weermag in Niger, wat self deur die weermag beheer word. Volgens wat berig word, word ‘n afvaardiging van Washington binne dae verwag word om ‘n ordelike onttrekking te reël. Die Verenigde State het reeds ingestem om sy meer as 1 000 soldate te onttrek aan die Afrika-nasie waar Washington ‘n 100 miljoen Amerikaanse dollar se basis gebou het om ‘n vloot hommeltuie te vlieg. Die betoging is in die noordelike woestyndorpie Agadez, die tuiste van die Amerikaanse lugbasis gehou.