Oupa, 69, verkrag blykbaar kleinkind, 3

Die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek het ‘n saak van verkragting teen ‘n 69-jarige man geopen omdat hy na bewering sy drie-jarige kleindogter verkrag het. Die slagoffer woon by die verdagte se huis en die slagoffer se tante het die saak by die polisie aangemeld. Sy is ‘n biologiese dogter van die verdagte en woon ook by dieselfde huis. Volgens die mag meen die familie so ‘n voorval het van te vore voorgekom maar is nie by die polisie aangemeld nie. Die man sal môre in die hof op Ondangwa verskyn.