GRN faal werkers met arbeidsinspekteurs
Die arbeidsministerie het slegs 68 arbeidsinspekteurs in diens, uit die 163 poste waarvoor begroot is. Hulle moes 1 544 arbeidsinspeksies doen om voldoening aan basiese diensvoorwaardes te verifieer, en 706 inspeksies om voldoening aan beroepsgesondheid- en veiligheidstandaarde, sowel as die veiligheid van gevaarlike masjinerie, te verifieer. Hulle kon egter nie by alles uitkom nie. Dit het daartoe gelei dat die ministerie slegs 1,8 miljoen Namibiese dollar namens klaers van werkgewers wat nie aan standaarde voldoen nie, teruggekry het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, wat sê dat daar ‘n leierskap-kwessie in die regering is.