Renosterhoring met ‘n verrassing

Wêreldwyd poog maatskappye en organisasies om alles in hul vermoeë te doen om renosters te beskerm. ‘n Soortgelyke nie-winsgewende organisasie, The Greater Kruger Environmental Protection Foundation, het onlangs, met ‘n operasie om ‘n renoster se horing te verwyder, ‘n groot verrassing gekry. Volgens hulle is so ’n operasie altyd baie emosioneel, maar word dit gedoen in ’n poging om die renosters te red. Die renoster horing het aan die binnekant ‘n hartsimbool gehad.

Volgens hulle simboliseer die hart renosters en diegene wat hulle beskerm.