Sodi se maatskappy steeds nie geswartlys nie
Die korrupsiebeskuldigde Edwin Sodi se maatskappy, Blackhead Consulting, is nog steeds nie deur die Nasionale Tesourie op die swartlys geplaas nie ondanks ‘n versoek van die Stad Tshwane in Februarie. Die maatskappy was deel van ’n vennootskap wat in 2019 gekontrakteer is om Tshwane se Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg op te gradeer. Die tender van 295 miljoen Suid-Afrikaanse rand is onreëlmatig bevind en vyf senior amptenare van die Stad Tshwane is geskors. Corruption Watch sê die swartlys van maatskappye behoort ‘n eenvoudige administratiewe stap te wees.