BLSA net so bekommerd oor IMF-voorspelling

Business Leadership South Africa sê die Internasionale Monetêre Fonds se vooruitsigte vir die land is ‘n neerdrukkende vermaning oor hoe ver die land is van die soort ekonomiese prestasie wat dit behoort te handhaaf. Die fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsigte vir die jaar tot 0,9-persent verlaag. Die organisasie se bestuurshoof, Busisiwe Mavuso, sê die IMF se vooruitsig weerspieël die talle uitdagings wat die ekonomie in die gesig staar, van die logistieke krisis tot voortdurende elektrisiteitstekorte en die breër infrastruktuur-mislukkings. Sy sê die regering moet hervormings versnel.