‘Biden het geen reg om ons a kannibale te bestempel nie’

James Marape, premier van Papoea-Nieu-Guinee, sê sy land verdien nie om as kannibale bestempel te word nie, en het die VSA aangemoedig om die oorblyfsels van die Tweede Wêreldoorlog wat oor die Stille Oseaan besaai is op te ruim, na kommentaar deur president Joe Biden oor sy vermiste oom. Biden het blykbaar geïmpliseer sy oom is deur kannibale gedood nadat sy vliegtuig tydens die Tweede Wêreldoorlog oor die land neergeskiet is. Marape sê as die gebied opgeruim is sal die waarheid oor vermiste dienspligtiges soos Ambrose Finnegan ter ruste gestel kan word.