Afrika-paspoort op pad?

Die African Passport and Free Movement of People-inisiatief maak gereed om Agenda 2063 se vlagskip projek aan te bied. Dit wil reisversperrings afbreek, en werk en woon in Afrika bevorder, asook Pan-Afrikanisme en intra-vasteland-integrasie. Die voordele wat die projek in die vooruitsig stel sluit in handelstimulering, vergemakliking van arbeid-mobiliteit, en die aanwakker van ‘n gedeelde Pan-Afrika-identiteit. Die inisiatief onderstreep die belangrikheid van die verwydering van fisiese en regulatoriese struikelblokke in die bereiking van die ideaal.