IPPR bevraagteken Fima-konsultasie proses

Die finansministerie het verlede naweek openbare konsultasies in die Khomas-streek gehou oor sy voorgestelde verpligte bewaring van aftreevoordele-plan. Die bedrag van ‘n lid se vroeë onttrekkingsvoordeel wat bewaar moet word, is gelyk aan 75 persent van die lid se fondskrediet, soos op die datum van vroeë onttrekking. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het verklaar dat die regering se benadering nie is hoe dit gedoen moet word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die instituut se Frederico Links, wat hul bekommernisse deel.