Wêreld Aardedag vandag herdenk
Vandag is Wêreld Aardedag om mense te herinner aan die belangrikheid van omgewingsbewaring en volhoubaarheid. Vanjaar se tema is Planeet teen Plastiek. Daar word ‘n beroep gedoen op regeringsleiers, sakeondernemings en gewone mense om plastiekproduksie met 60-persent te verminder teen 2040. Earthday.org werk saam met Maleisiese organisasies om die grootste opruiming in die geskiedenis van die Aardedag hierdie jaar aan te bied. Minstens 100 000 vrywilligers gaan strande en woude in dié land skoonmaak en meer as een miljoen bome plant.