Bipa bestee ter elfder uur op maskerbal
Die Tender Bulletin berig dat die Besigheids- en Intellektuele-eiendom Owerheid, Bipa, blykbaar ter elfder uur besluit het om Wêreld Intellektuele-eiendomsdag op 26 April met ‘n maskerbal te vier. Uitnodigings vir tenders wat vir 16 April gedateer is, vir 17 April gestempel is en eers op 18 April op die webstuiste gelaai is, het op 19 April gesluit. Die maskerbal, van vyf ure, benodig musiek, ook ‘n ‘string quartet’, beligting, klanktoerusting, saalversierings, ‘n fotograaf en notaboeke en ‘n pen vir 80 mense. Daar is geen melding van die perseel of eetgoed gemaak nie.