Voëlgriep in besmette koeie se melk gevind

Amerikaanse owerhede het vroeër vandeesmaand gesê ‘n persoon wat op ‘n melkplaas in Texas werk, herstel van voëlgriep nadat hy aan beeste blootgestel is. Nou is ‘n hoë konsentrasie van H5N1 in melk van besmette koeie gevind. Die besmetting van bees is vir die eerste keer in Texas aangemeld met voël-tot-koei, koei-tot-koei en koei-tot-voël-oordrag wat ook geregistreer is. Dit beteken die virus het nuwe oorgangsroetes gevind. Die voorvalle het versprei na ander Amerikaanse deelstate.