Unam-student sê honneurskursus nie geregistreer
Na die Universiteit van Namibië se gradeplegtigheid verlede week het die Honeurs-graad kliniese sielkunde-studente slegte nuus gekry. Volgens ‘n student wat haar graad gekry het en wat anoniem wil bly, is hulle kurrikulum vir sielkunde nie geregistreer by die Gesondheidsraad van Namibië nie. Unam het ‘n streng beleid vir kliniese sielkunde en net 12 studente per jaar word aanvaar om dit te studeer. Dit blyk egter nou dat die studente nie kan praktiseer in hulle veld nie. Die student verduidelik.
Die student het verder haar teleurstelling uitgespreek.