Skedelkus negende beste strand ter wêreld

Namibië se Skedelkus is in geheel as die negende beste strand ter wêreld deur Beach Atlas vir 2024 aangewys. Boulders Beach naby Simonstad beklee die tweede plek op die lys. Die strand is veral bekend vir sy pikkewyne wat permanente inwoners is. Kriteria wat vir die toekenning Golden Beach gebruik is, sluit onder andere skoonheid, diversiteit, inklusiwiteit, leefstyl, gemeenskapsbetrokkenheid en kulturele belang in. Data van ongeveer 42 kundiges onder wie joernaliste en professionele reisigers, is ingewin. Bora Bora-strand op die eiland noordwes van Tahiti is as nommer een aangewys.