NDP hoeveel? Namibië is daarmee ook agter

In 2004 het Namibië die tog begin om Visie 2030 te laat realiseer. Sedert onafhanklikheid in 1990 het Namibië verskeie nasionale ontwikkelingsplanne in werking gestel. Namibië het toe besluit om die ontwikkelingsplanne te gebruik om Visie 2030 te bereik. Ten spyte van die doelwit is die land ver agter met die implementering van die planne, wat al op die sewende ontwikkelingsplan moes wees. Maar ons skiet ver tekort. By die Khomas-streek se konsultasies vir die sesde ontwikkelingsplan, NDP6, het Habani Munyungano van die Beplanningskommisie ‘n oorsig gegee van die doelwit om Visie 2030 te bereik.