Vinales vat sy eerste MotoGP

Die Spanjaard Maverick Vinales van Aprilia Racing het geskiedenis gemaak toe hy die Grand Prix van die Americas MotoGP in Texas gebuit het. Hy het in die aanvangsronde van eerste na elfde teruggesak, maar teruggeveg en die eerste renjaer in moderne tye geword wat by drie vervaardigers wen. Die tiener-nuweling, Pedro Acosta van Spanje, het tweede klaargemaak en die Italianer Enea Bastianini derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder is negende. Vinales sê hy is tevrede om na drie jaar ʼn wedren te wen: