VSA gee US$100m aan Sudan
Die Verenigde State het ‘n bykomende 100 miljoen Amerikaanse dollar se hulp aankondig vir Sudan. Dit is vandag ‘n jaar sedert die geweld uitgebreek het. Samantha Power, administrateur van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, sê die bykomende befondsing sal vir noodvoedselbystand, voedingondersteuning en ander lewensreddende hulp gaan. Miljoene is in die land ontheem sedert die oorlog tussen die weermag en die Rapid Support Forces begin het.