Passasierskepe gee reuse hupstoot aan kus-ekonomie
Die luukse passasierskip Viking Neptune het Saterdag by Walvisbaai vasgemeer as deel van sy wêreldtoer. Sondag het die Queen Victoria aangekom en vandag is dit die beurt van die Queen Mary 2. Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is opgewonde oor die vaartuie wat die dorp besoek, en dat dit ekonomies baie vir die streek beteken.