Martha Uumati skei weë met Erongo Marine Enterprises
Die besturende direkteur van Erongo Marine Enterprises, Martha Uumati, het in ‘n onderlinge ooreenkoms weë geskei met die maatskappy. Dit tree môre in werking. Sy is op 13 Februarie deur Oceana Group se uitvoerende hoof, Neville Brink, as besturende direkteur van EME en raadslid geskors. ‘n Dissiplinêre verhoor was vir 11 en 12 April geskeduleer, maar het nie plaasgevind nie aangesien die partye gekies het om ‘n skeidingspakket te beding. Die skeiding is bevestig deur een van die Namibiese regtehouers wat in hierdie stadium anoniem wil bly. EME-verkoopsbestuurder Kuda Hartzenberg, wat die enigste Namibiër op die maatskappy se direksie was, het in Maart uit die direksie bedank. Dit is bevestig deur die maatskappy se woordvoerder, Francois van der Merwe.