Biden loof VSA-weermag vir afweer van Iran-aanval
Die Amerikaanse president Joe Biden loof sy weermag vir hulle hulp om die meeste van die honderde hommeltuie en missiele wat Iran na Israel lanseer het, uit te skakel. Biden sê Amerika het voor die ongekende aanval, vliegtuie en oorlogskepe na die streek gestuur. Hy beskryf die aanval as “astrant”. Israel sê dit is eerste keer dat Iran regstreeks van sy grondgebied af so ‘n aanval loods. Iran het Israel vroeër gewaarsku hy sal gestraf word vir die aanval op sy konsulaat in Sirië, waarin sewe Iranse offisiere gesneuwel het.