Vyfde goue medalje vir tienersensasie Pieter Coetzé
Swem: Die tienersensasie Pieter Coetzé het die SA Swemkampioenskappe in Gqeberha met sy vyfde goue medalje afgesluit. Die 19-jarige het weer eens die veteraan Roland Schoeman uitgestof om die 50-meter vryslagtitel in 22,45-sekondes in te palm. Die 43-jarige Schoeman het net-net die podium misgeloop en vierde in ‘n tyd van 23,07-sekondes geëindig. Coetzé se mede-Olimpiese swemmer Erin Gallagher het ‘n derde nasionale titel by haar oorwinnings gevoeg deur die res van die deelnemers in die vroue 50-meter vryslag te klop.