Winkelsentrum in Australië ontruim
Honderde mense is uit die Westfield Bondi Junction-winkelsentrum in Sydney, Australië ontruim na skietvoorvalle maar ook messteek gevalle. ‘n Ambulanswoordvoerder van Nieu-Suid-Wallis sê een van twee vermeende oortreders is deur die polisie geskiet en hulle soek steeds na die ander. Gewapende polisie kam tans die dak van die parkeerterrein fyn op soek na nog aanvallers en alhoewel die sentrum ontruim is is daar steeds mense vasgekeer. Die polisie en nooddienste doen alles moontlik om te verseker dat almal wat vasgekeer is ongedeerd uit die winkel sentrum verwyder word en om die area te beveilig.