SA Padongelukkefonds agterstand
Die Padongelukkefonds in die buurland sê hy het ‘n agterstand van 321-duisend eise en is verbind tot die doeltreffende afhandeling van eise binne 120 dae. Maar verskeie uitdagings, insluitend versuim om alle vereiste dokumente in te dien, belemmer sy pogings. Dit het tot die agterstand aanleiding gegee. Die fonds se woordvoerder, McIntosh Polela, sê mense wat eise voor April 2022 ingedien het, moet seker maak die fonds het al die uitstaande dokumente.