Stad Windhoek skort tydelik skuldverligting op
Pensioenarisse wat vandag beplan het om by Stad Windhoek vir die skuld verligtings-program aansoek te doen sal hul planne moet uitstel tot komende Maandag 15 April wanneer registrasie weer sal hervat. Weens geskeduleerde instandhouding van die sisteme sal registrasie vir die skuldverligtings-program vandag 13 April nie moontlik wees nie. Stad Windhoek het verseker dat hierdie opgraderings noodsaaklik is om ‘n meer doeltreffende registrasie proses te bied aan pensioenarisse.