Verslag lê beleggingspotensiaal in mynbou bloot
Die EU-befondsde AfricaMaVal-projek, geïmplementeer deur die Duitse Federale Instituut vir Geowetenskappe en Natuurlike Hulpbronne saam met die Namibiese maatskappy Odikwa Geoservices, het die “Country Case Study Namibia”-verslag bekendgestel. Dit gee onder meer ‘n beoordeling van die beleggingspotensiaal in die Namibiese mynbousektor. Die verslag gee ‘n ook ‘n oorsig van die geologiese omgewing en Uitgebreide Kritiese Grondstowwe, ECRM, in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Goncalo Leitao, die EU se samewerkings-attaché, gesels oor die resultate van die gevallestudie.