Weskus-kreefseisoen verleng

Die buurland se visserye-minister, Barbara Creecy, het die kreefseisoen aan die Weskus verleng van 15 April tot die 19de, weens die onlangse ongure weer in die Wes-Kaap. Die woordvoerder van die departement, Peter Mbelengwa, sê kleinskaalse viskoöperasies het daarvoor gevra. Mbelengwa sê ‘n openbare kennisgewing hieroor sal vinnig verskyn.