Seibeb sê landbou moet ondersoek instel na watertekorte op Uis
Plaaslike berigte lui dat skole in Uis gesluit is omdat daar erge watertekorte voorkom regoor oor die nedersetting. Die laerskool kinders het sedert Paasnaweek nog nie weer teruggekeeur skool toe nie. Daar word beaam dat die litiummyn water tot onder die tafeltafel onttrek het maar, dit moet nog bevestig word. Daar is natuurlik kommer omdat die gebied reeds droog is en die Daurês groen-waterstof nedersetting ook reeds in aanbou is. Die LPM se adjunkleier Henny Seibeb, wat homself sterk uitgespreek het teen die litiummyn, sê landbou moet dringend ondersoek instel.