Student, 19, spring by museum-balkon af

‘n 19-jarige man is vanoggend dood toe hy van die Nasionale Onafhanklikheidsgedenkmuseum in Robert Mugabe-rylaan gespring het. Die Namibiese polisie kon nie veel meer as dit bevestig nie maar, plasings deur ander media-huise meen die oorledene was ‘n student. Daar word beweer hy het van die vierde verdieping af gespring. Ooggetuies sê hy het die museum besoek, water by die kroeg op die vierde vloer gevra en toe balkon toe gestap en gespring. Daar word ook berig dat dit wel selfmoord was maar geen brief is gevind nie. ‘n Ondersoek is gelas en owerhede werk nou om die man, wat in ‘n blou hemp geklee was, te identifiseer.