Rusland versterk bande met Niger-junta

Militêre instrukteurs en personeel van Rusland se ministerie van verdediging het in Niger aangekom, volgens die land se staatstelevisie RTN. Niger versterk sy bande met Moskou nes sy bure. Media in die land het beeldmateriaal gewys van ‘n militêre vragvliegtuig wat toerusting aflaai. Die ontplooiing het gevolg op ‘n onlangse ooreenkoms tussen Niger se junta en die Russiese president Vladimir Putin om samewerking te bevorder.