Taai eerste dag op Augusta

Die Amerikaner Bryson DeChambeau is een hou voor sy landgenoot Scottie Scheffler na die Meesters se openingsronde by die Augusta National in Georgia. Hy het op sewe-onder 65 klaargemaak nadat spel die eerste dag weens ʼn storm vroeër gestaak is. Die verdedigende kampioen van Spanje, Jon Rahm, het 73 behaal in sy poging om die eerste speler sedert Tiger Woods te word wat twee agtereenvolgende toernooie wen. Woods was een hou onder met vyf putjies wat oorbly toe spel weens swak lig opgeskort is. DeChambeau sê dit was uitdagende toestande: